www.tennisclubs.co.za

Villieria Tennis Klub

Die Villieria tennisklub is in 1948 gestig en het onlangs sy 65 jarige bestaan gevier.
Die klub het tans 60 lede wat aktief by al die aktiwiteite van die klub betrokke is. Benewens tennis, reel die klub ook heelwat ander aktiwiteite soos staptoere en spesiale toernooie. Die lede van die klub is soos ‘n groot familie wat daarvan hou om sosiaal te verkeer en hou dikwels na tennis op ‘n Saterdag ‘n bring en braai .
Die klub is in die proses om ‘n beginnersklub te stig om mense uit te nooi wat in tennis belangstel maar wat geen ondervinding het nie.
  • Court Type: Hard Courts

This page has been viewed 1058 times